BOAS EN RUT

Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis.  Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense.  Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens. 

Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing.  Hulle verhaal is eenvoudig.  Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem.  Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het.   Opgesom is die verhaal as volg …

Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem.  Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem.  Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan.  Naomi het bitter en gestroop teruggekeer.  Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk.  Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het.  Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het.  JaHUsha, ons Losser,  is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.

Die name in die boek van Rut is veelseggend.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BOAZ AND RUTH

The book of Ruth has only four chapters, but it is rich in meaning.  One thinks of the book as a love story, but it is about more than just the love between two people.  It is a symbolic expression of YaHUaH’s supernatural love for man.

Boaz and Ruth are historically and symbolically two important people in YaHUaH’s unfolding plan of salvation.  Their story is simple.  It takes place in a peaceful time of the judges, although there was a famine that was over by the time Naomi returned to Bethlehem.  The central theme is that of a defenseless widow with no future whom YaHUaH saved through seemingly random events of every day and created a rosy future for her.  Summarized the story is as follows…

Naomi and Elimelech and their two sons temporarily moved to Moab because of a devastating drought in Bethlehem.  After Naomi’s husband and both her sons, Mahlon and Kilion, died there in Moab Naomi, as the only survivor from her family, decided to go back to Bethlehem.  Her one daughter-in-law, Ruth, chose to go with Naomi.  Naomi returned bitter and stripped. Ruth also left everything she knew behind, especially the god of Moab.  She totally left her fate in the hands of Naomi’s Elohim, without her knowing how things would work out for her.  There was no turning back for her and it was there in Bethlehem where Ruth met Boaz who married her.  The book ends with an account of Ruth and Boaz’s children, grandchildren and great-grandchildren as the bloodline of the royal house of Israel that began with David.  YaHUsha, our Redeemer, was born from that lineage as the “Son of David”.

The names in the book of Ruth are meaningful.
For Full PDF, click here.

VALENTYNSDAG ONTMASKER – Vir Kinders

Valentynsdag het ‘n heidense oorsprong, net soos wat Kersfees ook ‘n heidense oorsprong het. Dit is dus nie Bybels om hierdie fees te vier nie. Dit gaan ook nie regtig oor dit wat die wêreld daarvan maak nie. As mens sou weet wat diè dag werklik behels, sal ons dit nog wil vier?

En hoe verduidelik ons dit dan vir ons kinders as ons wel die lig gesien het?

Hier is ‘n eenvoudige kort video wat dit vir groot en klein kortliks opsom wat die heidense oorsprong van Valentynsdag behels. 

Hierdie video is op die internet geplaas deur: Kinders-van-YHWH.

VALENTYNSDAG ONTMASKER – vir kinders. Kinders-van YHWH

DIE VERHAAL VAN DIE AFRIKANERS SE VERLEDE

Ons gedenk jaarliks die uitsonderlike gelofte wat deur ‘n groep Afrikaanse Trekkers (sowel as ‘n Engelsman, ‘n klompie kleurlinge en swartes wat ook in die laer was) gemaak is aan die Almagtige Skepper van die hemel en aarde, onder die leiding van Andries Pretorius daar by Bloedrivier.  Soos ‘n Israel van ouds het diè kernvolkie ‘n verbond met haar Maker gemaak.

Die Afrikaner het weens die omstandighede van daardie tyd vanuit Europa gekom om in “donker Afrika” ‘n lewe te kom maak.  Met hulle geloof in die Almagtige God het hulle Sy lig hier laat begin skyn terwyl hulle ‘n spoor in die geskiedenis agtergelaat het.  ‘n Spoor wat strek oor generasies heen volgens die omstandighede van elke tydperk. 

Daardie spoor word deur Flip Buys, die hoof van Solidariteit, netjies saamgevat in ‘n nie-politiese dokument: “Die verhaal van die Afrikaners se verlede” soos  gepubliseer deur Maroela Media.  Dit dien vir ons en ons kinders as ‘n lig op die pad vorentoe.

Soos hyself sê: 

Daar is vir my drie uitgangspunte as ons oor die verlede praat. Die eerste is om te verduidelik en nie om te verdedig nie.  Die tweede gaan oor Samuel P. Huntington se stelling dat elke gemeenskap homself as die middelpunt van die wêreld sien en sy geskiedenis as die sentrale verhaal van die mensdom skryf.  Daar is gevolglik nie net een “geskiedenis” nie, en ons kant van die verhaal moet ook gehoor word. Die derde uitgangspunt is dat ons die geskiedenis net kan verstaan as ons onsself in die skoene van die mense van daardie tyd plaas.

Konteks is kernbelangrik om die oorwegings wat destyds hulle besluite gerig het, te begryp.

 Afrikaners leef in ’n tyd waar die skadu van die verlede steeds oor ons hang omdat ons ouers, grootouers en skoonouers apartheid ondersteun het, en ons vir die gevolge van daardie beleid verantwoordelik gehou word.

Daarom wil ek kortliks my eie familiegeskiedenis geslagmatig vanaf die Anglo-Boereoorlog gebruik om met ’n meer persoonlike inslag na ons ouers, grootouers en skoonouers se besluite te kyk, omdat dit terselfdertyd die geskiedenis van die meeste van ons se families is.  

Vir die Volledige PDF, kliek hier.