Geleë 25 myl (40 km) noord van die See van Galilea en aan die voet van die berg Hermon, is Caesarea Philippi.

Dit is ook die ligging van een van die grootste fonteine wat die Jordaanrivier voed. Die Banias-waterval in daardie omgewing, wat minder as 30 voet (10 m) hoog is, word in twee strome verdeel deur ‘n boom wat aan die bokant groei.

Caesarea Philippi is in die Griekse tyd gevestig. Die dorp is gebou rondom die bron wat die Jordaan voed, wat naby is aan ‘n grot en aan die heiligdomme wat aan Pan gewy is. Pan is die Griekse god vir afgeleë plekke. As gevolg van Pan word hierdie area ook Paneas genoem, of in Arabies: Banias.
Herodes die Grote het ‘n tempel van wit marmer by die grot gebou. Ná sy dood het sy seun, Herodes Filippus II (of Filippus die Tetrarch), ’n stad op die terrein gebou. In 14 n.C. het hy die stad Caesarea Philippi genoem, ter ere van homself en keiser/Caesar Augustus.
Die oorvloedige watervoorraad het die gebied baie vrugbaar en aantreklik gemaak vir godsdienstige aanbidding. Dis waarom talle tempels is in die Hellenistiese en Romeinse tydperk in hierdie stad gebou is.
Bekend as Baäl Hermon en Baäl Gad in die Ou Testamentiese tydperk, is hierdie terrein later Panias genoem na die Griekse god Pan wat hier aanbid is.
Die fontein wat uit die groot grot ontstaan het, het die middelpunt van heidense aanbidding geword. In die begin van die 3de eeu v.C., is offers in die grot gegooi as offerandes aan die god Pan. Pan, die half-man half-bok god van verskrikking (“paniek”), word dikwels uitgebeeld as al spelende op sy fluit.

’n Opelug-heiligdom is vir Pan gebou langs die bron van water wat uit die grot gekom het. Aangrensend aan die “heilige” grot is ‘n rotsagtige platorand met ‘n reeks uitgekapte nisse. Dit is bekend deur die uitbeeldings op munte van die stad, dat standbeelde van die godheid in hierdie nisse geplaas is. Een nis het ‘n beeldhouwerk van Echo, die bergnimf, gehuisves as Pan se gemaal. ‘n Ander nis het ‘n standbeeld van Pan se pa, Hermes gehuisves, seun van die nimf Maia. Inskripsies in die nisse noem diegene wat groot skenkings gegee het.

JaHUsha het hierdie area laat in Sy bediening besoek saam met Sy dissipels terwyl hulle op pad was na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word, Markus 8:27.
In teenstelling met die Rots waarop heidense tempels gebou is, het JaHUsha toe verklaar: “Op hierdie rots, sal Ek my kerk bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorwin nie”.
Daar is geen rekord dat JaHUsha die stad binnegegaan het nie, maar die groot belydenis van Petrus en die Verheerliking op die berg daarna, het albei in die omgewing van hierdie stad plaasgevind (Matt. 16:13), wat toe bekend was as Caesarea Filippi.
Vir die Volledige PDF, kliek hier.
