Sou Elohiem werklik by die mense op die aarde woon? Die hemel, ja die hoogste hemel kan U nie bevat nie. (2 Kron. 6:18)
Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid. (Joh. 1:14)
Die verborgenheid van die godsaligheid is groot: Elohiem is geopenbaar in die vlees. (1 Tim. 3:16)
(Elohiem … het) … in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy wat die afskynsel is van Sy heerlikheid en die afdruksel van Sy wese en alle dinge dra deur die woord van Sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, want … Hy het gesê: “U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer, en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees en Hy sal vir My ‘n Seun wees … (Heb. 1:1 – 3, 5)
Emmanuel … Elohiem met ons. (Matt. 1:25)
Wat die apostel Johannes verklaar het in Joh. 1 is fundamenteel vir ons geloof. Hy het gesê dat die Woord “vlees geword het” (vers 14), maar dat diè Woord ook Elohiem was (vers 1).
Dit is ‘n groot misterie dat Elohiem as die Seun ‘n “mens” moes word terwyl Hy tog Elohiem is, maar hoekom was Sy inkarnasie nodig?
Vir Volledige PDF, kliek hier.
