Mens lees in die Woord van die Dier met die sewe koppe en daaruit spruit die verskillende horings.
Dit is interessant dat profesie Babilon as ‘n “dier” uitbeeld in Daniël en in Openbaring. Nebukadnesar as die koning van Babilon het soos ‘n dier geword omdat hy JaHUaH nie geag het nie.
We read in Scripture about the Beast with the seven heads and from them spring the different horns.
It is interesting that prophecy portrays Babylon as a “beast” in Daniel and in Revelation. Nebuchadnezzar as the king of Babylon became like a beast because he did not honour YaHUaH.
Hierdie is ‘n kragtige getuienis van Henru Pieters oor hoe hy in die Hebreeuse Wortels beland het en baie ywerig daarin werksaam was, maar toe kragdadig daaruit bevry is.
Henru het in sy geestelike lewe begin om na waarheid te soek. In sy soektog na antwoorde op sy baie vrae het hy baie vriende verloor en selfs verwerping van ‘n kerk ervaar. So het hy naderhand gedink dat hy deel is van die “verlore Israeliete” naamlik die sogenaamde “Verlore Tien Stamme”.
Genadiglik het hy deur goddelike ingryping ‘n oogopening gehad omdat JaHUsha hom ten spyte van al sy verwarring nie verlaat het nie, maar hom verlos het uit diè kragtige dwaling en hom weer opgerig in sy staanplek in die Koninkryk van die Hemel.
Henru beklemtoon dat sy identeit nou slegs in Messias JaHUsha is.