Laodicea se oorsprong, sover dit tans bekend is, gaan terug na een van die Hellenistiese konings in die middel van die derde eeu v.C. Dit word veronderstel dat Antiochus II dit na sy vrou, Laodicea vernoem het, maar die oorsprong van die stad was alreeds vroeër as dit. Cicero het in die vroeë maande van 50 v.C. in Laodicea gewoon.
Die stad was op die kruispad van die noord-suid verkeer tussen Sardis en Pergamus en die oos-wes verkeer vanaf die Eufraat na Efese. Laodicea het vinnig ‘n ryk stad geword, so ryk dat hulle hulleself kon herbou het sonder hulp van buite, nà die vernietigende aardbewing van 60 n.C.
Vir Volledige PDF, kliek hier.