Omdat die huttefees die laaste van die sewe feeste was, het dit die religieuse seisoen voltooi. Die getal sewe in die Woord verteenwoordig “voltooiing”. Ons leer hieruit dat die Loofhuttefees die voltooide of afgehandelde werk van JaHUaH verteenwoordig in beide die teenswoordige tyd waarin ons leef en die lewens van individuele gelowiges.
JaHUsha Messias is die tabernakel of woonplek van Elohiem. In Hom het die volheid van Elohiem gewoon (Johannes 1:14; Kolossense 2:9) en Elohiem woon in ons midde deur JaHUsha Messias (Mattheus 18:20).
JaHUsha het beweer dat ons in Elohiem rus kon vind deur Hom. Baie gelowiges soek JaHUaH se rus deur vir Hom te werk of iets van Hom te probeer kry. Maar deur ‘n persoonlike verhouding met JaHUsha Messias, is Hy ons rus.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
