Pergamus was bekend as die plek waar die troon van die Satan is.
Nà die fees van Bélsasar en die val van Babel (539 v.C.) het Kores dan die afgodspriesters uit Babel verban en hulle het hulle hoofsetel in Pergamus gevestig tot 133 v.C. waarna hulle gerieflikheidshalwe die Romeinse gode aanvaar het wat in baie opsigte met hulle eie ooreengestem het
Die troon van die Satan was ’n groot altaar vir Zeus, die “hoofgod” van die Griekse pantheon. Zeus was bekend as die heerser oor die hemele en vader van die ander gode en van die sterflike mitologiese helde. Hierdie altaar was vlak by die tempel van Athene, die Griekse godin van wysheid en die kunste.
Vir Volledige PDF, kliek hier.