Ook die Christene in Smirna is gedurende die regering van Marcus Aurelius gruwelik vervolg. Baie is gegésel en met vuur gemartel en vir die wilde diere gegooi, maar hulle het getrou gebly tot in die dood. Hulle standvastigheid het die volk se woede nog meer gaande gemaak. Eindelik is die negentigjarige biskop, Polycarpus, as hul slagoffer uitgekies.
Saam met Ignatius het Polycarpus die voorreg gehad om ’n leerling van die apostel Johannes te wees. Wat hy daar geleer het, het hy vir meer as 70 jaar in sy gemeente verkondig. Toe hy verneem het dat die woedende volk sy hoof eis, het hy homself met liggaam en siel aan die genade van God oorgegee. Op dringende versoek van sy gemeente het hy die wyk geneem na ’n nabygeleë dorp, waar hy met vriende die tyd in gebed deurgebring het. Drie dae voor sy gevangeneming het hy ’n gesig gesien dat sy kussing verbrand. Hy het dit as ’n goddelike openbaring beskou, en aan sy vriende gesé: “Ek sal lewend verbrand word.”
Vir Volledige PDF, kliek hier.