Where did Christmas originate? Was it from the Bible or was it from paganism? What is the origin of the Christmas tree? Was our Messiah ever in Christmas or should He be in Christmas?
For Full PDF, click here.
Where did Christmas originate? Was it from the Bible or was it from paganism? What is the origin of the Christmas tree? Was our Messiah ever in Christmas or should He be in Christmas?
For Full PDF, click here.
Waar het Kersfees onstaan? Was dit vanuit die Woord of was dit vanuit die Heidendom? Wat is die ware oorsprong van Kersvader en die Kersboom, ens.? Was ons Messias ooit in Kersfees? Hierdie is ‘n verkorte weergawe van die boekie van David Pack wat volledig beskikbaar is op die internet.
Lees hiermee saam ook: DIE GEBOORTE VAN JAHUSHA MESSIAS TYDENS DIE LOOFHUTTEFEES.
Hierdie video hersien die gebeure van die Slag van Bloedrivier. Die gelofte van Bloedrivier, soos dit in 1838 afgelê is, was ‘n geskiedkundige baken. Hierdie mense se gelofte tot Elohiem is uit nood gebore. Hulle het op die Almagtige, die Skepper van die Hemel en die Aarde, vertrou. Die herdenking van diè dag, waar dit eintlik gegaan het as ‘n stryd tussen Lig en Duisternis, is dus tot eer van JaHUaH wat getrou is aan Sy Woord soos ook in Joh. 3:16. Sy gedagte is hoër as die mens s’n (Jes. 55). Oor diè geestelike en evangeliese diepte wat ingebou is in die gebeure van daardie dag, sien die dokument: DIE BERSEBA VAN 16 DESEMBER 1838.
Die boek Amos handel oor die volk Israel se vervalle toestand. Hulle was ver van JaHUaH af en in afgodery vasgevang. In Amos 7:8 en 8:2 sê JaHUaH by monde van Amos dat Hy hulle nie meer gaan oorsien nie (“nie meer by hulle sal verby gaan nie”) en vergelyk Hy hulle “einde” met ‘n afgeplukte mandjie somervrugte. In Hebreeus klink “somervrugte” en “einde” baie dieselfde. JaHUaH het dus met woordspeling aangedui dat Hy die streep getrek het en dat fisiese Israel se einde in sig was. Die seisoen vir hulle was verby en hulle sou “afgepluk” word soos somervrugte aan die einde van die seisoen.
Vir volledige PDF, kliek hier.