“In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”
Dit was JaHUsha se woorde aan Sy dissipels in Joh. 14.
Dit was gebaseer op die gebruike van daardie tyd waar ‘n Bruidegom sy verloofde vir eers sou verlaat om vir haar ‘n huis te gaan berei by sy vader se huis. As die plek vir die bruid klaar berei en gereed was, het die bruidegom sy bruid in die nag gaan haal (om en by middernag). Wanneer hy en sy vriende naby aan die huis van die bruid was, het hulle geroep en ook met die ramshoring geblaas om die bruid en haar bruidsmeisies te laat weet dat hulle moes uitkom om die bruidegom tegemoet te gaan (vgl. Matt. 25).
