Die jaarlikse siklus van die feeste wat volgens Lev. 23 deur Israel gevier moes word, werp duidelike lig op die raadsplan van JaHUaH vir die mensdom. Hierin kan ons die verlossingsplan volg vanaf die folterpaal en die reiniging van ons sondes, na die opstandingslewe en die vervulling met die Afgesonderde Gees, gevolg deur die lang pad van die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van die Hemel aan al die nasies, tot by die insameling van die oes met die wederkoms van JaHUsha die Gesalfde, wat aan die anderkant ook die uitstorting van Sy toorn behels.
Daar is drie vername oesfeeste. Daar is die eersteling van die garsoes en die eerstelinge van die koringoes en dan lees ons ook van die oes van die druiwe en die pars daarvan.
In Lev. 23 was JaHUsha se opstanding uit die dood gesimboliseer deur die Eerstelinggerf want Hy die eerste was om uit die dood uit op te staan. Eerstevrugte wat sodoende toegewy is aan JaHUaH, het die hele oes wat nog sou kom verteenwoordig (Rom. 11:16). Die hele oes behoort dan aan JaHUaH en is dan afgesonderd en geseënd.
Die graanoeste se eerstelinge simboliseer dus dat omdat JaHUsha opgewek is, gelowiges in Hom ook opgewek sal word.
Joh. 11:25 – 26 JaHUsha sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
Vir Volledige PDF, kliek hier.