DIE WURGGREEP VAN DUISTERNIS

In Hand. 16:9 – 40 kry ons ‘n skriftuurlike voorbeeld van hoe Duisternis die werk in die Koninkryk van Lig wil blokkeer deur ‘n persoon met ‘n namaaksel van die Afgesonderde Gees te stuur as ‘n strik en ‘n hindernis, terwyl diè persoon self ook ‘n slagoffer van Duisternis is.  Hoe Paulus die situasie onderskei en hanteer het, is vir ons geestelike riglyne t.o.v. ons roeping as Gestuurdes, maar ook t.o.v. die een wat ‘n slagoffer is en smag na vrymaking uit die mag van Duisternis.

Paulus-hulle was op pad om te gaan bid, word toe genooi na gelowige Lidia se huis, en dis toe dat hulle die slavin met die waarsêende gees teëkom.  Paulus het onderskei dat dit ‘n gees vanaf die Vyand is en het dit aangespreek om die slavin te verlaat.  Daarna het hulle as gevolg daarvan ‘n weerwraakaanval ondervind, maar het dit oorwin sonder om self in die vyand se mag te kom soos wat die bedoeling sekerlik was.

Na afloop van alles het hulle weer voortgegaan met hulle onderbreekte missie en na Lidia se huis toe gegaan om die koninkrykswerk voort te sit.

Ons ontleed stap-vir-stap wat diè gedeelte vir ons in die praktyk leer, beide in die rol van die gelowige as ‘n Gestuurde/Apostel en in die rol van die slavin as gebinde slagoffer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GEESTELIKE VERNUWING

deur Dr. Louis Kroon

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom. 12:2

In hierdie video verduidelik dr. Louis Kroon prakties vanuit die Woord hoe om geestelike vernuwing te verkry te midde van gevestigde patrone van gekontamineerde denke. In sy eie woorde sê hy:

“As gelowige glo ek dat die waarhede wat vir ons in die Skrif opgeskryf is, mense werklik vrymaak en hulle ook help om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Dr. Louis Kroon

DROME EN GESIGTE AS PADWYSERS

In Hand. 2 lees ons van die uitstorting van die Afgesonderde Gees toe die dissipels toegerus was met verskillende tale om die goeie nuus aangaande JaHUsha aan die mense daar teenwoordig te kon vertel in elkeen se eie taal.  Drome en gesigte is ook soos ‘n “taal” waardeur die Gees met mens kommunikeer en  Petrus het die profeet Joël aangehaal toe hy aan die mense wou verduidelik het wat gaande was.

Weens Hand. 2:16 – 18 het drome en gesigte ook op ons as Geestelike Israel betrekking. Deur drome kan ons dikwels instruksies vanaf JaHUaH kry.  Ons kan ook gewys word op ons foute of gewaarsku word wanneer ons op ‘n verkeerde pad is en wat die beste manier is om vorentoe te beweeg van daar af (Job 33:16).  ‘n Droom kan deur JaHUaH gebruik word om ‘n dieper indruk van Sy wil te maak, soos wanneer ‘n seël of iets dergeliks in was gedruk word om ‘n afdruk te maak (Job 33:16). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.