DIE TWEELING VAN DIE EINDTYD IN BARENSNOOD VIR EERSGEBOORTEREG

Daar is ‘n tweeledige magsstryd tussen Lig en Duisternis wat al hoe meer na die oppervlak kom wat pynlik is vir ons as die bewoners van hierdie wêreld.  Dit manifesteer soos geboortepyne soos wat ‘n tweeling in een skoot is en stoei oor watter een eerste gebore moet word. Daar was twee stelle tweelinge wat vir ons beduidend is, nl. diè van Rebekka en diè van Tamar. 

Hierdie 2 tweelinge in die Torah hou verband met die groter profetiese plan wat vir ons aandui hoedat daar ‘n oorgang vanaf ons huidige Era sal wees na die volgende Era, nl. ons “Ingang in die Beloofde Land” (Open. 21 – 22) wat die Koninkryk van Elohiem is. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE KOP-AAN-KOP BOTSING BY KARMEL

Ons onthou Karmel as die plek waar Elia deur middel van ‘n publieke kompetisie die volk laat verstaan het wie is die ware Elohiem,  wie is die ware Magtige van Israel.  Dit was ‘n botsing tussen die vals profete van Baäl en Ashera en die Een Ware Elohiem van Israel.

Dit gaan by Karmel oor die Denke van die gelowige, m.a.w. hoe mens iets insien of verstaan. Vir ons is die Karmelkonflik “tussen ons ore”.

Vir Volledige PDF, kliek hier

DIE KRAG VAN DIE BLOED

Daar is iets wonderbaars omtrent die bloed van JaHUsha.  Dis bonatuurlik want Hy het nie die DNA van ‘n aardse vader gehad nie, omdat die Afgesonderde Gees vir Maria oorskadu het.

Bloed is “Dam” in Hebreeus.  Daar is in die Hebreeus konneksies met hierdie woord wat mens nie raaksien in vertalings nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.