JaHUsha het Sy aardse bediening in Galilea begin met die volgende woorde: “Die tyd is vervul en die koninkryk van Elohiem het naby gekom; bekeer julle en glo die goeie nuus.”
Dit was baie goeie nuus omdat hulle verban was na Babilon en die wat teruggekeer het nou onder die heerskappy van Rome gestaan het. Die evangelie of Goeie Nuus handel dus oor die Koninkryk van Elohiem.
Met hierdie woorde het JaHUsha begin om te leer oor die nabyheid van die Koninkryk van Elohiem en daarmee gepaard gaan die noodsaaklikheid van bekering, want sonde was die oorsaak dat hulle uit die koninkryk geban was.
Vir Volledige PDF, kliek hier.