Daar is diegene wat leer dat 2 Tim. 3:16 net betrekking het op die Ou Testament/Tanach.
Om te sê dat Skrif (soos die Nuwe Testament) nie Skrif is nie, is ‘n baie ernstige saak. Dit kom neer op die uitblus van die Gees en op lastering van die Gees soos wat die Fariseërs gedoen het toe hulle dit wat JaHUsha gedoen het aan Beëlsebul toegeskryf het (Matt. 12:24 – 34).