THIS LAND IS MY LAND

Not many believers really understand that the earth belongs to YHWH and what that means. YHWH told Israel of old that the land that He promised them is His, and that they would only be living there as foreigners and strangers. That is why there are conditional prophecies.

For Full PDF, click here.

DIE LAND IS MYNE

Baie gelowiges verstaan nie regtig dat die aarde aan JaHUaH behoort en wat dit beteken nie. JaHUaH het aan eertydse Israel gesê dat die land wat Hy hulle belowe het, Syne is en dat hulle net vreemdelinge en bywoners in die land sal wees. Dis waarom sekere profesië voorwaardelik is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 1 ‘n Os wat graan dors mag jy nie muilband nie

Paulus neem die letterlike instruksie aangaande die behandeling van osse in die “Torah van Moses” en pas dit toe as ‘n “Torah beginsel” in die Hernude Verbond binne die volkome offer van die gestorte bloed van Messias.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 2 Die Praktiese Implikasies van Gehoorsaamheid aan JaHUaH nadat die Torah ontdek is

Nou kom die moeilike deel.  Ons wil die Torah onderhou soos dit uiteengesit is in die eerste vyf boeke van Moses, maar daar duik probleme op as ons probeer om “Moses” te lewe. Daar is ‘n hele paar moeilike instruksies wat ons mee moet deel. Hoe nou gemaak?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 3 Die Ongelyke juk

Wanneer lig gekontrasteer word met duisternis, handel dit oor die twee Koninkryke wat teenoor mekaar staan. Messias as ons Geregtigheid staan ook teenoor Satan wat die leraar is Torahloosheid (Belial).  Daar kan dus geen harmonie wees tussen ‘n Gelowige en ‘n Ongelowige nie.  Ons as ‘n Tempel vir Elohiem kan dan geen gemeenskap hê met afgode nie, want dit is duiwels volgens 1 Kor. 10:19 – 20.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 4 Twee Soorte Saad in jou Wingerd

Jy mag nie twee soorte saad in jou wingerd saai nie. Wanneer ons hierdie skrif aan ons lewens in Messias wil toepas, kom daar baie interessante dinge na vore.  Ons moet dit in gedagte hou dat in die Torah van Moses, die Torah sodanig gegee is dat daar  letterlike en fisiese dinge GEDOEN moes word.  Messias het toe gekom en Hy het begin om die vervulling van die Torah te “leer”.  Dit het Hy gedoen deur meestal gelykenisse te vertel.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 5 Onrein Geestelike Voedsel vanuit Valse Leringe

Ons mag nie twee soorte saad in ons wingerd saai nie. Ons wil hierdie gedeelte van die Torah toepas op die “Wingerd” waarin ons lewe.  Dit behels dit waaraan ons blootgestel word in ons lewens, m.a.w. ons lewenstyl, ons vriende, ons werk, ons omgewing of enige iets waarmee ons assosieer. Die Tuin vergelyk met die gemoed (mind).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 6 Hoe Godsdienstige Mengsels die Smal Weg beïnvloed

Deut. 22:11 ” Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk aantrek nie.” Om te verstaan hoe hierdie Torah toegepas word, moet ons begin by hierdie Torah maar voortgaan tot so ver as Openbaring.  Die mense wat Moses alleenlik volg, wat sonder die MelekTzadekskrifte is, het dit nie.  Maar selfs as hulle daarna sou verwys (soos die Anti-Evangeliste wat die Skrifte verdraai), verhoed die feit dat hulle Messias verloën, dat hulle hierdie Torah kan toepas.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 7 Torah volgens die Orde van Melegisèdek op ‘n “Nuwe en Lewende Wyse” in ons Melgisèdek-Tempel

In die Torah en spesifiek in die Torah van Moses was al die instruksies oor “Hoe” die Torah van “JaHUaH Elohiem” toegepas moet word neergeskryf en duidelik gedefinieer, sodat elkeen dit kon hou.  Wanneer ons egter by die Nuwe Testament kom, vind ons dat hierdie duidelike Instruksies nà Messias JaHUsha se Offerdood, nie uitgeleef kan word sonder ‘n Tempel, sonder ‘n Levitiese Priesterskap en sonder die sisteem van Diere-offerandes nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 8 Sabbat en Feeste volgens die Orde van Melegisèdek op ‘n “Nuwe en Lewende Wyse”

Wanneer die lig vir ons opgaan aangaande Messias JaHUsha sonder Torah, of die “Torah van Moses” sonder Messias JaHUsha dan gaan ‘n mens deur sekere stadiums van groei in hierdie Waarheid aangaande die realitiet van die Geestelike Koninkryk van die Hemel, teenoor die Letterlike Fisiese Israel wat daar was.

Vir Volledige PDF, kliek hier.